Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 mans gesoek ná rooftog op plaashuis buite Paarl

Die polisie soek vier rowers wat Donderdagaand op ’n huis op ’n bekende olyfplaas buite die Paarl toegeslaan het.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 20:30 op die plaas Olyvenbosch langs die R44 in die Windmeul-omgewing gebeur.

Volgens Van Wyk het vier mans met klapmusse deur ’n oop venster sonder diefwering toegang tot die huis verkry en die 64-jarige plaasbestuurder en sy vrou aangehou. Die egpaar se hande is met kabelbinders vasgebind, waarna die rowers met hul selfone, juweliersware, ’n televisiestel en ’n beursie weg is.

Niemand is beseer nie.

Van Wyk sê die egpaar het die polisie ontbied nadat hulle daarin kon slaag om hulself los te maak.

Dit blyk dat dit die tweede huisroof op ’n plaas in die Windmeul-gebied die afgelope twee weke is.

Meer oor:  Kapt. Frederick Van Wyk  |  Olyvenbosch  |  Paarl  |  Rooftog  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.