Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 mans met 164 kg koper buite Plet vasgetrek

Vier mans is met 164 kg koper in hul besit op die N2 buite Plettenbergbaai vasgetrek.

Die mans is Maandag omstreeks 19:30 by ’n voertuig-deursoekpunt op die N2 deur lede van die Eden-kluster se misdaadbestrydingspan in hegtenis geneem.

Volgens die polisie het die lede ’n verdagte Toyota Quantum-minibustaxi, wat op pad was na George, van die pad getrek. Die taxi is deursoek en die polisie het op twee houers met koper en ’n boutsnyer afgekom, waarop beslag gelê is. Die taxibestuurder sowel as drie passasiers is in hegtenis geneem.

Van die koper wat naby Plettenbergbaai gevind is. Foto: Verskaf

Die vier, tussen 31 en 47 jaar oud, is in aanhouding. Hulle sal Woensdag in die landdroshof in Plettenbergbaai op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom verskyn.

• Tussen verlede Vrydag en Sondag is 290 mense ook in die Eden-distrik in hegtenis geneem danksy die polisie se teenwoordigheid op hoof- en sekondêre roetes, asook in misdaadgeteisterde gebiede. Van die inhegtenisnemings was vir ernstige en minder ernstige misdade, luidens ’n verklaring. Een van die voorvalle het Saterdag omstreeks 17:00 plaasgevind toe lede van die landelike blitspatrollie inligting ontvang het van iemand wat dwelms vervoer. ’n Deursoekpunt is opgestel en die voertuig is 10 km buite Ladismith van die pad getrek en deursoek.

Altesaam 200 Mandrax-tablette en 50 g tik is in bagasie in die motor gevind. ’n Man van Varkieskloof in Ladismith is in hegtenis geneem en daar is op die dwelms beslag gelê.

Die boutsnyer wat saam met die koper in ’n minibustaxi naby Plettenbergbaai gevind is. Foto: Verskaf
Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Koper  |  Minibustaxi  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.