Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 op heter daad betrap toe hulle Uitenhage-winkel roof

Vier mans is Sondagoggend in die vroeë oggendure in KwaNobuhle buite Uitenhage in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle ’n winkel en dié se eienaar probeer beroof het.

Luidens ’n verklaring van die polisie in Port Elizabeth het vier mans gewapen met messe omstreeks 02:30 by die winkel ingebreek.

“Die eienaar woon op die perseel en het die geluide gehoor,” lui ’n verklaring van kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

“Die eienaar het die polisie ontbied.”

Die mans het by die eienaar se slaapplek ingekom en geld by hom geëis. Hulle het kontant, kruideniersware en lugtyd geroof, sê Naidu.

Die polisie van KwaNobuhle, wat vinnig op die toneel was, het die mans, tussen 25 en 27 jaar oud, in die winkel betrap. Die winkeleienaar het hulle ook uitgeken. Al die gesteelde goedere is teruggevind.

Die mans sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Uitenhage verskyn.

Meer oor:  Uitenhage  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.