Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 polisielede van Carletonville vas vir moord

Klagte van moord, regsverydeling en die besit van gesteelde koper staar vier lede van die Carletonville-polisie in die gesig nadat die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) hulle Donderdag by die polisiestasie in hegtenis geneem het.

Luidens ’n verklaring deur Opod het die polisielede na bewering op 11 Februarie gesteelde koperkabels by twee mans naby die Khutsong-township afgeneem en hulle doodgeskiet.

“Daar word verder beweer dat die polisie nadat hulle die misdaadtoneel verlaat het, na ’n skrootwerf gegaan en die koperkabels daar verkoop het. Hulle het die twee oorledenes op die toneel gelos en nie die skietvoorval by Opod aangemeld, soos wat wetlik vereis word, nie,” lui die verklaring.

Die polisielede verskyn Vrydag in die Oberholzer-landdroshof. Opod se ondersoek na die voorval duur voort.

Meer oor:  Opod  |  Carletonville  |  Moord  |  Polisielede  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.