Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 renosterhorings gekry in 2 karre in KZN

Ses mans is Saterdagoggend in hegtenis geneem nadat vier renosterhorings in hul besit gevind is. Volgens bronne na aan die ondersoek is ten minste twee renosters doodgeskiet vir hul horings.

Hulle is vasgetrek nadat twee verdagte voertuie Saterdagoggend op die pad tussen Richardsbaai en Vryheid in KwaZulu-Natal voorgekeer is.

Die twee voertuie, ’n silwer Avanza en ’n swart Fortuner, het glo saam in konvooi gery. Albei is tussen Melmoth en Vryheid van die pad gedwing en die mense in die voertuie is in hegtenis geneem.

Die span teen renosterstroping in KwaZulu-Natal het inligting oor die vermeende stropers ontvang en die verdagtes aangekeer.

Hulle sal Maandag in die landdroshof op Vryheid verskyn op aanklagte van die besit van renosterhorings.

Die soektog na die renosters se karkasse sal Sondag voortduur.

Meer oor:  Renosterhorings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.