Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 rowers sak op hoewe by St. Francisbaai toe

Speurders in die Oos-Kaap soek na vier rowers wat op ’n kleinhoewe by St. Francisbaai toegesak het.

Die rooftog het Saterdag omstreeks 20:30 op ’n kleinhoewe aan die Oesterbaai-pad gebeur.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die klaagster het Saterdagaand die deur van haar huis vir haar honde oopgemaak toe sy twee gewapende mans aan die regterkant van die deur sien staan het. Een van die mans het ’n skoot in die lug geskiet en die vrou by die huis ingedwing. Sy en haar man is met vuurwapens aangehou.

Een van die rowers het ’n huurder wat in ’n kothuis op die perseel woon, ook by die huis ingebring.

“Al drie slagoffers is met elektriese kabels vasgebind. Die verdagtes het juweliersware en selfone gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het.

“Die slagoffers het daarin geslaag om hulself los te maak en het die polisie ontbied.”

Nkohli sê niemand is beseer nie.

Enigeen met inligting word versoek om sers. Marco Roscherr by 060 358 8906 te bel of die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111. Alle inligting word vertroulik hanteer.

Meer oor:  St. Francisbaai  |  Hoewe  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.