Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 rowers se turf sit ná jaagtog met polisie

Vier vermeende rowers is Vrydag ná ’n jaagtog van etlike kilometer en ’n oor-en-weer-skietery met die polisie vasgetrek.

Twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is in hul besit gevind.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die rowers is gesoek in verband met ’n rooftog waar die slagoffer vroeër die maand in Meyerton, Gauteng, agtervolg en beroof is nadat hy geld by die bank onttrek het.

Vrydag het die Valke, misdaadintelligensie, die Gautengse verkeersdepartement, die Sedibeng-teenkapingseenheid en Tracker Connect inligting opgevolg wat hulle gelei het na ’n sentrum in Mpumalanga waar van die verdagtes se voertuie gewaar is.

“Toe die verdagtes besef die span is op hul spoor, het hulle weggejaag op die Moloto-pad.

“ ’n Jaagtog en skietery het ontstaan. Een verdagte is beseer en twee in hegtenis geneem. Die vierde verdagte is later in Tembisa gevang nadat die ondersoekspan inligting oor twee ander voertuie, wat glo in die rooftog in Meyerton gebruik is, opgevolg het,” sê Mogale.

Daar is op ’n Volkswagen Polo, ’n Volkswagen Amarok en ’n Audi A3 beslag gelê, asook twee vuurwapens, ammunisie, handskoene en klapmusse.

Mogale sê hulle sal binnekort in die hof op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, sameswering om roof te pleeg, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en regsverydeling verskyn.

Meer oor:  Rowers  |  Meyerton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.