Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 rowers val drawwer aan: ‘Ek het net gebid’

’n Drawwer van Kraaifontein, Kaapstad, verwerk steeds die trauma nadat hy verlede Donderdag helder oordag naby Durbanville in die reën met ’n panga aangeval en beroof is.

Dit is te danke aan gebed en sy spoed dat hy nie ernstig beseer is nie, sê die drawwer (32), wat verkies om anoniem te bly.

Hoewel hy sy tekkies, sonbril en duur drafhorlosie – saam nagenoeg R10 000 werd – kwyt is, is hy dankbaar hy is ongedeerd.

“Ek het nog nie weer gaan draf sedert dit gebeur het nie, maar ek spreek nou iemand wat my help en ek is vasberade om weer uit te gaan,” sê hy.

Hy het al by die 20 marathons voltooi, waarvan twee keer die Comrades en twee keer die Twee Oseane-maraton. “Dit is regtig ’n passie en ’n droom vir my. Ek gaan dit nie prysgee nie.”

Ek het nog nie weer gaan draf sedert dit gebeur het nie, maar ek spreek nou iemand wat my help en ek is vasberade om weer uit te gaan.

Hy sê hy het omstreeks 11:00 naby die gedenkpark in Fisantekraal gedraf toe drie mans nader kom. “Ek het eers gedink hulle is op pad na ’n taxi toe, maar toe sien ek hulle hardloop agter my aan.

“Een van hulle het my platgeduik en vasgedruk, maar ek kon loskom en het probeer weghardloop. ’n Tweede een het my toe vasgedruk teen die grond en hulle het my tekkies, bril en horlosie gevat.”

Die drawwer sê hy was bang dat hulle hom gaan kap met die panga wat een van die aanvallers by hom gehad het. Hy het uit vrees vir sy lewe nie eintlik terugbaklei nie.

“Nadat hulle die goed gevat het, het ek losgekom en so vinnig as wat ek kon weggehardloop. Ek het net my sokkies aangehad. My natuurlike spoed het in my guns getel.”

Hy sê dwarsdeur die voorval het hy aanhoudend gebid.

Een van hulle het my platgeduik en vasgedruk, maar ek kon loskom en het probeer weghardloop. ’n Tweede een het my toe vasgedruk teen die grond en hulle het my tekkies, bril en horlosie gevat.

“Daar is mense wat my kritiseer dat ek alleen daar gehardloop het, maar dit was helder oordag in die oggend.”

Hy het ligte beserings opgedoen, soos skrape op sy rug en bobene, en kneusings aan sy arms. Na verneem word is die voorval nie by die polisie aangemeld nie.

Die Durbanville-atletiekklub raai sy lede aan om altyd in groepe te draf. Mense word ook aangeraai om identifikasie saam met hulle te dra en noodnommers byderhand te hou vir noodgevalle.

Meer oor:  Durbanville  |  Panga  |  Rowers  |  Drawwer  |  Tekkies  |  Bid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.