Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 skote op man geskiet waar hy in motor sit

’n Man van 57 jaar is Dinsdag in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem nadat ’n onbekende persoon vier skote op sy motor afgevuur het.

Die voorval het omstreeks 10:00 in Spencerweg in die Durbanse woonbuurt Palmiet gebeur.

Foto’s wat op die toneel geneem is, wys vier koeëlgate in die bestuurder se deur.

Die vier koeëlgate in die bestuurder se deur. Foto: Netcare911
Die man wat in die motor gesit het is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. Foto: Netcare911

Paramedici wat na die toneel ontbied is, het die man in ’n kritieke toestand in sy motor aangetref.

“Hy is vier keer geskiet waar hy in sy motor buite ’n sakeperseel gesit het,” sê Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, in ’n verklaring.

Weens die erns van sy toestand is hy met Netcare 911 se ambulanshelikopter hospitaal toe geneem. Volgens Herbst was die polisie op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

Die polisie het ten tyde van publikasie nog geen inligting oor die voorval bekend gemaak nie. Die polisie is om kommentaar genader en dit sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Durban  |  Skietvoorval  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.