Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 staatsgeboue se hysers in PE gesaboteer
Die hysers in die Sterrenberg-polisiewoonstelgebou is gesluit omdat daar minder as die vereiste aantal teenwigte is. Foto: Werner Hills

Die hysers in 52 staatsgeboue in die Oos-Kaap is afgeskakel totdat dit ondersoek kan word om seker te maak dat die hysers oor die vereiste aantal teenwigte beskik.

Dié ondersoek volg nadat bevind is die hysers van drie woonstelgeboue vir lede van die polisie en die weermag in Port Elizabeth het minder teenwigte as die minimum aantal wat nodig is om die hyser veilig te bedryf.

Vier mense is ernstig beseer toe ’n hyser in die Mountweg-polisiekantoor in Port Elizabeth op 22 Maart met sewe personeellede vier verdiepings ver tot op die grondvloer geval het.

Die ondersoek na die voorval het gewys die hyser het net 11 teenwigte gehad van die minimum van 25 wat vereis word. Die teenwigte weeg 75 kg elk.

Die hysers in die Sterrenberg-woonstelgebou wat afgeskakel is. Foto: Werner Hills

Hysers in die polisiewoonstelgeboue Sterrenberg en Gamtoos van 13 verdiepings hoog, asook die weermag se Forest Hill-woonstelgebou, het ook minder as die vereiste teenwigte, sê Thami Mchunu, woordvoerder van die departement van openbare werke.

Inwoners van die Sterrenberg-woonstelgebou sê die hysers is sowat ’n week gelede gesluit sonder dat ’n rede daarvoor gegee is.

“Gelukkig was daar geen ongelukke in die hysers nie. Die departement het dadelik al die hysers afgeskakel,” sê Mchunu.

’n Saak van poging tot moord word ondersoek, het brig. Marinda Mills, provinsiale polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Pe  |  4  |  In  |  Se
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.