Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 van polisie vas oor omkopery ná daggavonds

Vier polisiemanne gaan volgende week aansoek om borgtog doen nadat hulle Dinsdag vlugtig in Kuruman in die hof op aanklagte van korrupsie verskyn het.

Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, sê a.o. Bagomotsheng Jethro Molema (55), sers. Sergeant Tshepo Robert Petrus (36), sers. Jaco Henry Visagie (39) en konst. Tshepiso Philadelphia Matlhare (29) word van korrupsie aangekla nadat hulle glo in Augustus ’n motoris met dagga van R100 000 betrap en omkoopgeld van R2 500 geëis het. Hulle het glo die geld en dagga gevat en die motoris beveel om te ry.

“Die Valke se taktiese eenheid het die lede Dinsdag ná die oggendparade by die polisiekantoor in Kuruman in hegtenis geneem.”

Die mans bly in aanhouding en sal op 16 September ’n borgtogaansoek bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.