Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vas ná geweld in Saldanhabaai

Vier mans is in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige betogings Woensdag in Saldanhabaai by ’n bouperseel van die konstruksiemaatskappy WBHO.

Tien voertuie is uitgebrand en nog 15 beskadig terwyl werkers ook tydelike kantore aan die brand gesteek het.

Die toneel in Saldanhabaai waar duisende werkers Woensdag amok gemaak het. Foto: Verskaf

Meer as 1 000 werkers het Woensdag opgeruk en amok gemaak by die bouperseel.

Werkers beweer WBHO, wat ’n kommersiële ruolie-terminus ter waarde van miljarde rande in Saldanhabaai bou, dank hulle af en bring werkers van Gauteng om hulle te vervang.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, sê die vier mans wat aangekeer is, sal van openbare geweld aangekla word en sal binnekort in die plaaslike hof verskyn.

Volgens Traut monitor die polisie steeds die perseel.

Die uitgebrande en beskadigde voertuie by WBHO se bouperseel in Saldanhabaai. Foto: Verskaf

Intussen het die Black Business Alliance (BBA), wat ondernemings in swart besit aan die Weskus verteenwoordig, gesê hoewel hulle solidariteit aan die werkers betoon, distansieer hulle hulle van enige vorm van geweld.

Tydelike kantore van WBHO is Woensdag uitgebrand.Foto: Verskaf

“Die strafregtelike sake wat teen werkers en lede van die gemeenskap gemaak is, moet hul gang gaan en die wet moet seëvier,” sê Theunissen “Bumper” Andrews, sekretaris van die BBA.

Volgens Andrews is ’n oudwerker, ’n voormalige kontrakteur en twee werkers van WBHO glo onder diegene wat in hegtenis geneem is.

Hy sê dit lyk asof daar probeer word om lede van die BBA stil te maak.

“Een van ons lede is onder diegene wat aangekeer is. Ons beskou dié stap as ’n poging om ons te probeer stilmaak omdat ons uitgesproke is oor transformasie en groot maatskappye wat hul eie arbeidsmag in ons dorp inbring ten koste van plaaslike werkers,” sê hy.

Intussen het inwoners gesê daar sal Donderdagaand ’n massavergadering in Saldanhabaai gehou word om die pad vorentoe te bespreek.

Meer oor:  Wbho  |  Geweld  |  Inhegtenisnames  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.