Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vas ná polisielid gestenig is

Vier mense is in hegtenis geneem in verband met die moord op 7 Junie op ’n polisiebeampte by sy huis in Khayelitsha, Kaapstad.

Konst. Mzuvukile Hlahleni (26) was by die Steenberg-polisiekantoor gestasioneer.

Ná ’n hewige stryery met sy lewensmaat is Hlahleni na bewering deur lede van haar gesin asook inwoners na aan die familie gestenig, het lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê.

Nkwalase het gesê die Valke se prioriteitseenheid vir geweldsmisdade het die verdagtes – onder andere twee 17-jariges – opgespoor en in hegtenis geneem.

Die vier sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Khayelitsha verskyn op ’n aanklag van moord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.