Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vas ná rooftog in Senekal

Die polisie in die Vrystaat het Maandagoggend vier mans aangekeer kort nadat hulle artikels van meer as R260 000 in ’n rooftog in Senekal gebuit het.

Vier gewapende rowers het heelwat selfone en ander artikels in Senekal gebuit. Hier pak ’n polisielid die gesteelde artikels uit. Foto: SAPD

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie se reaksiespan het inligting opgevolg nadat iemand die voertuig beskryf het wat tydens die rooftog gebruik is.

Makhele sê die polisie se soektog het hulle na ’n huis in Bafokengstraat in die Bohlokong-township by Bethlehem gelei.

Dié sak met duur klere is ook in die rooftog gesteel en deur die polisie teruggevind. Foto: SAPD

’n Silwerkleurige Volkswagen Polo met Gautengse nommerplate was buite die huis geparkeer.

Die polisie het die motor deursoek en op drie groot sakke in die bagasieruim afgekom.

Makhele sê klere, handsakke, beursies en selfone was deel van die artikels wat in die rooftog gebuit is.

Van die oorfone en ander elektroniese ware waarop die polisie beslag gelê het toe vier vermeende rowers in Bethlehem aangekeer is. Foto: SAPD

Makhele sê al vier die verdagtes is in hegtenis geneem, maar geen vuurwapens is in hul besit gevind nie.

Die mans is tussen 32 en 45 jaar oud en sal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Motantsi Makhele  |  Senekal  |  Aangekeer  |  Rooftog  |  Vier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.