Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vas ná skietery op Golden Highway
Die polisie ondersoek ’n skietvoorval vanoggend op die Golden Highway. Foto: Felix Dlangamandla

Die polisie het vier verdagtes in hegtenis geneem ná ’n skietery wat met taxi-geweld verband hou.

Die skietery het Dinsdagoggend op die Golden Highway in Ennerdale uitgebreek. ’n Stemopname van ’n motoris wat ander motoriste waarsku om die roete te vermy is op WhatsApp versprei.

Die motoris sê toe hy omstreeks 07:30 op die pad naby die Ennerdale-kruising ry, het sowat 50 mense op mekaar losgebrand. “Ek is so 15 minute terug verby ’n kleinskaalse oorlog,” sê die motoris. ’n Media-navraag is aan die polisie gerig oor beserings op die toneel.

Maandag was daar nog taxi-verwante skietvoorvalle in Centurion. Jenna Etheridge van News24 berig dat vyf mense dood en nege beseer is in drie skietvoorvalle. In die eerste skietvoorval is ’n taxibestuurder doodgeskiet in Olievenhoutbosch. Drie passasiers is in die voorval beseer.

In die tweede voorval is drie passasiers omstreeks 18:55 in Heuweloord in ’n taxi geskiet. Die drie skieters het in hul motor gevlug.

Omstreeks dieselfde tyd naby die Mall@55 in Olievenhoutbosch is skote ook afgevuur. ’n Polisieman is ernstig gewond en ses ander slagoffers het ook beserings opgedoen. Een is dood verklaar op die toneel. Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

’n Klip in die middel van die pad.Foto: Felix Dlangamandla
Die huis waar vier verdagtes na bewering aangekeer is.Foto: Felix Dlangamandla
Meer oor:  Golden Highway  |  Ennerdale  |  Taxi-Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.