Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vas oor dagga by padversperring

Altesaam vier mans is in die Noord-Kaap agter tralies weens die beweerde besit en vervoer van dagga.

Die polisie in die Noord-Kaap sê drie middeljarige mans is Donderdagnag by ’n padversperring by Campbell in hegtenis geneem nadat vier sakke dagga in hul voertuig gekry is.

Vrydag in die vroeë oggendure is ’n kontrakteur (37) wat koerante vanaf Bloemfontein na dorpe in die Noord-Kaap vervoer het, ook by dié padversperring weens die beweerde besit en vervoer van dagga in hegtenis geneem.

Hy het glo ’n sak dagga in sy bakkie gehad.

Die polisie het op al die dagga en die twee voertuie beslag gelê.

Die mans is agter tralies en sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklagte van handel in dagga.

Kapt. Israel Mosakga, polisiehoof in Campbell, sê hy is trots op die goeie werk deur sy kantoor se beamptes.

“Campbell is nie ’n plek vir misdadigers nie,” sê hy.– Verslaggewer) Volksblad betreur die beweerde vervoer van dagga deur die kontrakteur.

Lesers in Groblershoop, Griekwastad, Upington, Kei­moes en Kakamas het nie hul koerante Vrydag ontvang nie, maar aflewering verloop van vandag af weer soos normaal. – Red.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Padversperring  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.