Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vas oor kapings, huisrowe in noorde van Joburg

Vier mans wat moontlik met verskeie motorkapings en huisrowe in die noordelike voorstede van Johannesburg verbind kan word, is Woensdag in Sandton in hegtenis geneem.

Vier verdagtes wat moontlik met verskeie motorkapings en huisrowe in die noordelike voorstede van Johannesburg verbind kan word, is Woensdag in Sandton aangekeer.

Volgens kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het die polisie op inligting gereageer en die verdagtes in ’n silwerkleurige Volkswagen Polo van die pad afgetrek.

“Polisielede het ook op twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê en daar is vasgestel dat daar met die voertuig se enjin gepeuter is,” sê Masondo.

“Die mans is in aanhouding en sal eersdaags in die hof verskyn.”

In ’n afsonderlike voorval is nog ’n verdagte in hegtenis geneem nadat die polisie inligting opgevolg het oor ’n voertuig wat in Alexandra gekaap is.

“ ’n 32-jarige man sal aangekla word in verband met die besit van ’n gekaapte voertuig.”

Meer oor:  Motorkapings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.