Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vas vir miljoene rande se onwettige perlemoen
Die perlemoen wat in kartondose in die voertuie gekry is.
Van die perlemoen waarop daar beslag gelê is.

Lede van die Wes-Kaapse blitspatrollie het vier buitelanders in hegtenis geneem vir die besit van miljoene rande se onwettige perlemoen wat Dinsdag by ’n perseel in Milnerton gekry is.

Kapt. Frederick van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê lede het inligting opgevolg dat daar ’n onwettige perlemoenverwerkingsfabriek by ’n pakhuis in Montaguerylaan bedryf word.

Volgens Van Wyk het die lede ’n Mercedes-Benz Sprinter-paneelwa en ’n Chevrolet met kartondose vol gedroogde perlemoen gekry. Die polisie het ook ’n tweede perseel deursoek en perlemoen in masjiene gekry wat in die proses was om uitgedroog te word.

“Daar is beslag gelê op meer as 19 000 uitgedroogde perlemoen, meer as 5 000 nat perlemoen, bykans R180 000 se kontant en twee voertuie.”

Van Wyk sê die verdagtes – onderskeidelik 45, 50, 54 en 56 jaar oud – is ingevolge die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne aangekla en sal binnekort in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Meer oor:  Milnerton  |  Perlemoen  |  Perlemoenstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.