Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vas wat glo diesel by myn steel

Vier mans wat glo probeer het om diesel by ’n myn te steel, verskyn Dinsdag in die landdroshof op Emalahleni in Mpumalanga op aanklag van diefstal.

Dié tenkwa is glo Dinsdagaand gebruik om diesel by ’n myn by Emalahleni te steel.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, sê die polisie het Dinsdagaand ’n wenk ontvang dat drie mans op pad was om diesel by die Umpunzi-oopgroefmyn te steel.

“Lede van die Valke het in samewerking met veiligheidsbeamptes van Bidvest Protea Coin Security en die polisie in Emalahleni die drie mans by die myn ingewag en aangekeer,” sê Sekgotodi.

“Die mans, almal in hul veertigerjare, was besig om ’n tenkwa met diesel te vul. Die polisie het later vasgestel dat diesel ter waarde van ongeveer R30 000 in die tenkwa ingepomp is. Die mans het ’n toegangskaart tot die mynperseel in hul besit gehad. Die eienaar van die tenkwa, wat ’n Gautengse registrasienommer het, word ook ondersoek. ’n Veiligheidswag is intussen in hegtenis geneem in verband met die diefstal van die diesel. Hy sal Dinsdag saam met die ander in die hof verskyn,” sê Sekgotodi.

Volgens Sekgotodi neem die diefstal van diesel toe. “In sekere gevalle word pype oopgegrawe en die diesel uitgetap. Op dié manier is diesel die afgelope paar maande van talle plase in Mpumalanga, Gauteng en Noordwes gesteel. In Februarie is ’n gat in die ondergrondse pypleiding langs die Koppiesdam in die Vrystaat geboor om diesel in tenkwaens te pomp. In ’n ander voorval is twee mans in hegtenis geneem nadat hulle glo diesel uit ’n Transnet-pypleiding in Delmas in Mpumalanga gesteel het. Kragopwekkers is toe gebruik om die diesel in ’n 20 000 liter tenkwa te pomp,” sê Sekgotodi.

Die polisie het later vasgestel dat diesel ter waarde van ongeveer R30 000 in die tenkwa ingepomp is.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Emalahleni  |  Steel  |  Diesel  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.