Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vas wat slaghuis probeer beroof
Die drie mans en ’n vrou wat Maandag deur die polisie aangekeer is toe hulle ’n slaghuis in Mbombela wou beroof. Foto: SAPD

Die blitsvinnige optrede van lede van die polisie Maandagoggend in Mbombela, Mpumalanga, het daartoe gelei dat vier vermeende rowers, wat ’n slaghuis wou beroof, in hegtenis geneem is.

Volgens kol. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het die polisie Maandag omstreeks 08:30 inligting van die publiek ontvang dat gewapende rowers besig is om ’n slaghuis in Mbombela te beroof.

“Polisiebeamptes van Mbombela en lede van die blitspatrollie van Witrivier was blitsvinnig op die toneel en het vier verdagtes, tussen 26 en 33 jaar oud, in hegtenis geneem. Die verdagtes, ’n vrou en drie mans, het personeel by die slaghuis met vuurwapens aangehou. Hulle wou na bewering vleis steel,” het Bhembe gesê.

Volgens Bhembe sal die verdagtes eersdaags in die landdroshof op aanklagte van sakeroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens verskyn.

Meer oor:  Mbombela  |  Mpumalanga  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Slaghuis  |  Inhegtegisnames
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.