Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vasgetrek ná huisroof in Knysna

Vier verdagtes van Kaapstad wat na bewering Maandagaand by ’n huisroof in Knysna betrokke was, is Woensdagmiddag op die N2 naby Hartenbos in hegtenis geneem.

Die huisroof het Maandagaand omstreeks 20:45 in Riostraat in die woonbuurt Knysna Heights plaasgevind.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die vier mans, tussen die ouderdomme van 28 en 39 jaar, is aangekeer met die bystand van die polisie se openbare-orde-eenheid in George.

Volgens Pojie het vier mans, van wie twee met onderskeidelik ’n panga en ’n skroewedraaier gewapen was, die inwoners van die huis gedreig en juwele, selfone en persoonlike items geroof voordat hulle weggehardloop het.

Pojie sê in ’n verklaring speurders het die gebied vir leidrade gefynkam. Van die gesteelde items sowel as ’n rugsak met gereedskap wat vir huisbrake gebruik word, is in bosse naby die huis gevind.

Woensdag omstreeks 13:00 het die ondersoekbeampte inligting opgevolg van ’n lid van die publiek dat die verdagtes by die taxistaanplek in Knysna op ’n taxi na Kaapstad geklim het.

“Die ondersoekbeampte het dadelik die openbare-orde-eenheid in George ontbied om die verdagtes in hegtenis te neem,” sê Pojie.

“ ’n Soektog na die minibus-taxi is begin en dit is nagespoor tot op die N2 naby Mosselbaai. Die voertuig, ’n Toyota Quantum, is van die pad getrek en die vier verdagtes is tussen die insittendes gevind.”

Polisielede het beslag gelê op ’n sak juwele en ’n selfoon wat glo in die verdagtes se besit was.

Die vier mans, onder wie drie buitelandse burgers, word aangehou. Hulle sal Vrydag in die landdroshof in Knysna verskyn op ’n aanklag van huisroof.

Meer oor:  Knysna  |  Misdaad  |  Huisroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.