Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 vermeende rowers gou vas ná hul geld, sigarette roof

Vier mans is Woensdag in Botshabelo buite Bloemfontein aangekeer kort nadat ’n afleweringsvoertuig in Boithuso beroof is.

Die polisie het twee vuurwapens en ’n sak met geld in die mans se besit gekry.

Die vier vermeende rowers lê Woensdagoggend op hul mae met hul hande agter hul rûe geboei nadat die polisie hulle aangekeer het.
Die vier vermeende rowers lê op die grond nadat hulle aangekeer is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê rowers het omstreeks 07:00 ’n afleweringsbakkie wat sigarette by ’n winkel afgelewer het, beroof.

Terwyl een van die mans van die sigarette in die winkel afgelewer het, het die vier vermeende rowers sy kollega oorval en met hom in die voertuig weggery.

Hulle het sy hande en voete in die ry vasgebind.

Volgens Makhele het hulle kort daarna stilgehou en al die sigarette en geld in ’n ander motor gepak en weggery.

Makhele sê polisielede was op patrollie toe hulle hoor van ’n grys VW Polo wat in ’n rooftog in Botshabelo betrokke was. Die bestuurder van die gesoekte motor het die polisie probeer ontwyk, maar die beamptes het die motor in Nyokong-straat voorgekeer.

Met die deursoeking van die motor is daar op ’n sak met twee 9 mm-pistole en ’n onbekende bedrag geld afgekom.

Al vier die mans is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Genl.maj. Jones Qhobosheane, waarnemende polisiehoof in die Vrystaat, sê dié sukses is die resultaat van hul opgeskerpte operasionele aktiwiteite en polisiesigbaarheid oor die feestydperk. “Misdadigers, wees gewaarsku, ons is gereed en wag vir julle,” sê hy.

Twee pistole is in die vermeende rowers se besit gekry, waarop die polisie beslag gelê het.
’n Sak met geld wat die polisie in die vermeende rowers se motor gevind het.
Meer oor:  Botshabelo  |  Bloemfontein  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Vermeende Rowers  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.