Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
40 in arres wat glo polisiekantoor bestorm

40 mense is in Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem nadat die Jouberton-polisiekantoor Dinsdag bestorm is.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die mense is Woensdagmiddag in hegtenis geneem tydens ’n klopjag waarby die polisie se nasionale intervensie-eenheid, die polisie se lugvleuel en lede van die polisie se eenheid van openbare orde betrokke was.

Die 40 mans is by ’n gastehuis in uitbreiding 14 in Jouberton in hegtenis geneem. Hulle is tussen die ouderdomme van 18 en 45 jaar oud en is glo betrokke by verskillende bendes wat amok saai in die gebied.

Myburgh sê die polisie het op drie vuurwapens, ammunisie, twee petrolbomme en etlike gevaarlike wapens soos pangas en messe beslag gelê.

Die mense sal op aanklagte van sameswering om misdrywe te pleeg en opsetlike saakbeskadiging in die landdroshof in Klerksdorp verskyn.

Die inhegtenisnemings volg nadat ’n groep ontstoke inwoners Dinsdagoggend die Jouberton-polisiekantoor bestorm en glo probeer het om ’n R5-aanvalsgeweer by die polisie af te neem.

Die oproeriges het die polisie daarvan beskuldig dat hulle glo saam met bendes in die gebied werk. Die aantygings kom nadat verskeie huise sedert 20 Februarie in Jouberton aan die brand gesteek is.

Daar is ook motors aan die brand gesteek.

Myburgh sê dit is onduidelik wat tot die geweld gelei het. Die polisie ondersoek klagte van opsetlike saakbeskadiging en brandstigting.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Aangekeer  |  Polisiekantoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.