Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
40 vas oor onrus by Klerksdorp

40 mense is reeds in die Jouberton-township by Klerksdorp in hegtenis geneem weens die erge onrus wat sedert Maandag daar woed.

Inwoners van Jouberton by Klerksdorp loop verby ’n band wat oproeriges op een van die buurt se paaie aan die brand gesteek het. Foto: Klerksdorp Record

Buitelanders se winkels is geplunder en ’n munisipale voertuig is aan die brand gesteek, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, Dinsdagmiddag gesê.

“Die protes is blykbaar nie teen buitelanders gemik nie, maar gaan oor klagtes oor die burgemeester (van die Matlosana-munisipaliteit). Polisielede help winkeleienaars nou om hul voorraad uit die winkels te verwyder as voorsorgmaatreël.

“Die onrus is tot Jouberton beperk, waar sommige paaie in die gebied met klippe versper word en bande gebrand word. Die N12-hoofweg wat langs Jouberton verbyloop, is oop en veilig vir verkeer.”

Myburgh het Dinsdagmiddag gesê hoewel die situasie nog gespanne is, is dit onder beheer en word ’n sterk polisieteenwoordigheid gehandhaaf. 18 mense tussen die ouderdomme van 17 en 37 is reeds Maandag weens openbare geweld vasgetrek en sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn. Nóg 22 is Dinsdag, toe die onrus voortgeduur het, in hegtenis geneem. Hulle sal ook later vandeesweek in die hof verskyn, sê Myburgh.

Die meeste van die aangekeerdes is jong mense. Die Klerksdorp Record berig hulle is onder meer ontevrede oor werkloosheid en diensleweringsprobleme.

Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris in Noordwes, het gewaarsku die polisie sal nie wetteloosheid, insluitend die vernietiging van eiendom en plundering, duld nie. Sy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hul ontevredenheid op wettige maniere uit te lug en saam met die polisie te werk om misdadige elemente vermom as protes te ontmasker.

Dik rook hang in Jouberton naby Klerksdorp waar oproeriges sedert Maandag betoog. Foto: Verskaf
Oproeriges in Jouberton by Klerksdorp versper sedert Maandag paaie en brand bande. Foto: Verskaf
’n Brandende buiteband op ’n pad in Jouberton by Klerksdorp in Noordwes. Foto: Verskaf

Meer oor:  Kol. Adéle Myburgh  |  Jouberton-Township  |  Klerksdorp  |  Onrus  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.