Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
41-jarige polisiesersant in haar huis vermoor

Niemand is nog teen Vrydagoggend in hegtenis geneem vir die moord op ’n 41-jarige polisiesersant van Kanana buite Klerksdorp in Noordwes nie.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê sers. Martha Mamoitoyi Bouwer se lyk is Woensdagaand om 19:50 in haar huis in Uitbreiding 14 ontdek.

Bouwer se kollegas het op haar lyk afgekom toe hulle na haar gaan soek het nadat sy nie die oggend vir diens aangemeld het nie. Sy is met veelvuldige beserings in ’n plas bloed gevind nadat die polisie die deur oopgebreek het om toegang te verkry.

Volgens berigte is Bouwer laas by haar ekskêrel gesien wat later hul minderjarige kind na ’n tannie geneem het en glo aan die tannie gesê het Bouwer voel nie lekker nie.

’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat Bouwer se Toyota Corolla vermis word.

Lt.gen. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het ’n 72-uur-aktiveringsplan gemobiliseer om diegene wat verantwoordelik is vir die misdaad op te spoor. Hy het verder gesê die dood van wetstoepassers, hetsy hulle aan of van diens af is, ondermyn die gesag van die staat en dit kan nie geduld word nie.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI) ondersoek die saak.

Intussen het die polisie ’n groot soektog na die verdagte(s) van stapel gestuur. Enigiemand met inligting wat kan help om die verdagte(s) op te spoor kan ao. Piet Vermeulen by 079 881 9933 kontak.

Anonieme wenke kan ook via die MySAPS-app gekommunikeer word of die Stop misdaad-nommer 08600 10111 kan gebel word.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Moord  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.