Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
41 vasgetrek in Woodstock toe polisie toeslaan

Die polisie het in ’n grootskaalse optrede om misdaad in Woodstock, Kaapstad, hok te slaan 41 verdagtes in hegtenis geneem.

Die optrede kom ná verskeie klagtes van sake-ondernemings in die omgewing van Railway-straat ontvang is.

Van die gesteelde kabels waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Sewe mense is in hegtenis geneem in twee bouvalle nadat die polisie op ’n groot hoeveelheid gesteelde koperkabels, asook koper wat reeds van die kabels gestroop is, selfone en skootrekenaars afgekom het. Altesaam 30 mense wat nie die regte dokumentasie het om wettig in die land te wees nie, is met die hulp van die departement van binnelandse sake aangekeer.

Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, sê in nog ’n optrede het die Woodstock-polisie vier verdagtes (twee mans en twee vroue) weens die besit van en die handel in dwelms in hegtenis geneem. Die polisie het op tik en Mandrax-tablette beslag gelê.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Inhegtenisname  |  Woodstock
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.