Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
48 perlemoenstropers naby Plet vasgetrek

48 vermeende perlemoenstropers van Gansbaai is naby Plettenbergbaai vasgetrek en beslag is gelê op meer as 140 kg perlemoen.

Beslag is gelê op meer as 142 kg perlemoen.

Sanparke het Vrydag in ’n verklaring gesê die vermeende perlemoenstropers is die Donderdag aan die westelike kant van die Tuinroete nasionale park tussen Keurbooms naby Plettenbergbaai en Soutrivier in die Tsitsikamma vasgetrek in ’n gesamentlike operasie van Sanparke, polisie en CapeNature.

Die vermeende stropers is toe na die naaste polisiestasie geneem. Meer as 142 kg perlemoen is op beslag gelê.

Die vermeende perlemoenstropers wat Donderdag aan die westelike kant van die Tuinroete nasionale park tussen Keurbooms naby Plettenbergbaai en Soutrivier in die Tsitsikamma vasgetrek is.

Die vermeende stropers is blykbaar van Gansbaai en sal Maandag in die landdroshof in Plettenbergbaai verskyn.

Fundisile Mketeni, Sanparke se uitvoerende hoof, het die veldwagters, CapeNature en die polisie vir hulle flinke optrede bedank.

“Ons organisasie is deel van plaaslike polisieforums in dorpe in Tuinroete en daarom kan ons gesamentlik stropery bestry.”

Volgens Sanparke word die Keurbooms-gebied deur CapeNature bestuur en Soutrivier by Nature’s Valley deur Sanparke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.