Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4de beskuldigde vas ná moord op 70-jarige in PE

Ronald Swartz is Maandag as ’n vierde beskuldigde by die saak in Port Elizabeth oor die moord op die 70-jarige elektrisiën Petrus Scholtz gevoeg.

Swartz (24) het Maandag vir die eerste keer vlugtig in die landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.

Ronald Swartz (24) is die jongste verdagte wat vir die moord op Petrus Scholtz (70) in die hof verskyn het. Foto: Verskaf

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê Swartz is Donderdagaand in Noord-Einde in die stad aangekeer.

Christine Russouw (55), haar seun, Wayne (31), en dogter, Chantell (35), is aangekeer ’n dag nadat Scholtz se lyk langs ’n grondpad in die bosse by die Fairview-woonbuurt aangetref is.

Scholtz se hande en voete was vasgebind en plastiek was om sy kop gedraai. Lang snye oor sy kop was ook sigbaar.

Na bewering is Scholtz op die aand van 17 Julie na die Russouw-gesin se huis uitgeroep om ’n elektriese probleem te herstel. Hy is daarna nie weer gesien nie en sy bakkie was skoonveld.

Nadat ’n verbyganger sy lyk die Donderdagoggend langs die pad in die bosse aangetref het, het die polisie sy werkbakkie gevind in Noord-Einde, waar dit glo aan iemand verkoop is.

Wayne Russouw (31). Foto: Verskaf
Christine Russouw (55). Foto: Verskaf
Chantell Russouw (35). Foto: Verskaf

Naidu het gesê Swartz was nie by die verkoop of koop van die bakkie betrokke nie. Sy het geen verdere besonderhede oor sy beweerde betrokkenheid gegee nie.

Volgens haar het leidrade die ondersoekbeamptes na Swartz gelei.

’n Betroubare bron het gesê dat Swartz reeds ’n bekentenis afgelê het.

Hy sal weer Vrydag saam met die Russouw-gesin in die hof verskyn. Die Russouws het ook Maandag vlugtig verskyn.

Wayne is weens ’n besering aan sy hand na ’n staatshospitaal oorgeplaas. Die oorsaak van die besering is nie bekend nie.

Die hof het gehoor dat sy ma en medebeskuldigde gedeeltelik doof is.

Al vier beskuldigdes bly in aanhouding. Die datum waarop hulle om borgtog sal aansoek doen, sal Vrydag vasgestel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.