Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 aangekeer vir onwettige wapens, ammunisie
Een van die vuurwapens en van die patrone waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Vyf mans is die afgelope twee dae in verband met die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ’n 41-jarige man is Vrydag in die Fakazi-woongebied in Illovu in hegtenis geneem nadat sy huis deursoek is en polisiebeamptes op ’n pistool, ’n tuisgemaakte haelgeweer, ammunisie en ’n windbuks beslag gelê het.

“ ’n 25-jarige man is in dieselfde omgewing by ’n ander huis aangekeer nadat ook hy ’n pistool met ammunisie by hom gehad het. Albei verdagtes sal in die hof in Amanzimtoti op aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie verskyn,” sê Gwala.

In nog ’n klopjag het lede van die polisie se taakspan in King Cetshwayo drie mans tussen die ouderdomme van 27 en 36 jaar met ongelisensieerde vuurwapens betrap.

Hulle is Donderdag in die Ezimpongo- en Embizimbelwe-gebiede in Gingindlovu in hegtenis geneem.

“Die mans het twee rewolwers en ’n tuisgemaakte geweer by hulle gehad. Daar is ook op 74 rondes ammunisie beslag gelê. Hulle sal in die landdroshof in Mtunzini op ’n aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verskyn,” sê Gwala.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom en die mense van die provinsie die versekering gegee dat dié soort operasies meer gereeld in die voorkoming van misdaad sal plaasvind.

Meer oor:  Kzn  |  Illovu  |  Onwettige Ammunisie  |  Arrestasies  |  Onwettige Wapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.