Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 betrap met pistole, ammunisie
Die vuurwapens, mes, selfone en ammunisie wat by die mans gevind is. Foto: SAPD

Vyf mans is Maandag in Durban in hegtenis geneem nadat ’n mes, vier pistole, ses selfone en ammunisie in hul besit gevind is.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê polisielede op patrollie het ’n voertuig met vyf mans in Mountbatten-rylaan in Reservoir Hills, ’n voorstad van Durban, gesien en afgetrek.

“Die voertuig is deursoek en die pistole, selfone en ammunisie is gevind. Die mans was ook in besit van munisipale werksklere. By verdere ondersoek is bevind die reeksnommers van die vuurwapens is verwyder. 32 patrone is ook gekonfiskeer,” sê Mbele.

Die mans is in hegtenis geneem en aangekla vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook die besit van ’n gevaarlike wapen. Die mans sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Pinetown verskyn.

“Die ondersoekspan kon ook vasstel dat die mans moontlik met huisrooftogte in die omgewing verbind kan word. Die voertuig waarmee hulle gery het, is vir verdere ondersoek geskut,” sê Mbele.

Die oorsprong van die vuurwapens is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

Meer oor:  Durban  |  Misdaad  |  Ammunisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.