Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 boetes in O-Kaap vir verbreking van inperking

Boetes ter waarde van R25 000 is in die Nelson Mandelabaai- munisipale gebied opgelê aan motoriste en voetgangers wat nie aan die reëls oor inperking voldoen het nie.

Mense gee nou effens meer gehoor aan die reëls oor inperking as vantevore, sê die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in ’n verklaring.

Altesame 73 haweloses word tans in die Walmer-stadsaal gehuisves en nog 25 by die Jaman-saal. Wetstoepassingsbeamptes is nie net besig om die reëls oor inperking af te dwing nie, maar identifiseer ook gebiede waar groepe haweloses voorkom. Haweloses word ook na die Uitenhage-stadsaal, die Babs Madlakane-saal en die NU2-gemeenskapsaal verwys. Talle messe, naalde en ander wapens is deur die polisie by die Walmer-stadsaal gekonfiskeer.

’n Voetganger is ook Saterdag met R5 000 beboet omdat hy nie ’n geldige rede kon verskaf waarom hy in Rinkstraat in die sentrale gebied van Nelson Mandelabaai was nie.

Vyf boetes van R5 000 elk (tesame R25 000) is die naweek deur die polisie en metropolisie by ’n gekombineerde padblokkade in Melkbosrylaan in Uitenhage uitgereik.

Een van die voertuie wat ’n boete ontvang het, was ’n munisipale voertuig wat meer as 60% van sy kapasiteit oorskry het. Die voertuig is ontplooi om noodsaaklike dienste te verskaf.

’n Voetganger is ook Saterdag met R5 000 beboet omdat hy nie ’n geldige rede kon verskaf waarom hy in Rinkstraat in die sentrale gebied van Nelson Mandelabaai was nie.

Die watertoevoer na die meeste westelike woongebiede tot by Bridgemeade is herstel met die uitsondering van die Groenbossies-reservoir wat water voorsien aan plekke soos Colleen Glen, Kuyga en St. Albans. Die vlak van die Chelsea-reservoir is tans 24%. Dit moet bo 60% wees vir die Groenbossies-reservoir se watervlak om te styg.

Twee watertenkwaens is by die St. Albans-gevangenis, een by Parsonsvlei, een by Groenbossies, een by Colleen Glen, een by Rowallanpark en twee in die Kuyga-gebied ontplooi.

’n Pyp wat gebars het agter Butterwoodstraat is Vrydagaand herstel. Herstelwerk is ook aan ’n kleiner pyp gedoen. Ontwrigting met watertoevoer in Uitbreiding 22 en 30 het aandag gekry.

Damvlakke is tans 24,73% weens droogtetoestande.

Vir meer inligting oor die munisipaliteit se werksaamhede gedurende die inperkingstyd besoek www.nelsonmandelabay.gov.za/page/covid-19.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.