Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 dood, 9 beseer in 3 skietvoorvalle in Centurion

Daar het Maandag drie skietvoorvalle in Centurion plaasgevind waarin altesaam vyf mense dood en nege beseer is, insluitende ’n polisielid.

Die geweld het Maandag omstreeks 05:00 die oggend begin toe die bestuurder van ’n taxi naby die Plaza-taxistaanplek in Olievenhoutbosch doodgeskiet is, sê brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder.

Drie insittendes van die taxi is gewond en hospitaal toe geneem.

In ’n ander voorval het ’n voertuig sonder ’n nommerplaat omstreeks 19:00 die aand langs ’n stilstaande taxi in Ruimteweg in Wierdapark stilgehou. Drie mans het uitgeklim en drie mans in die taxi doodgeskiet, waarna hulle weggejaag het, sê Peters.

’n Polisiebeampte is in ’n derde voorval naby die Mall@55-winkelsentrum in Olievenhoutbosch geskiet en ernstig gewond. Daar is uit ’n voertuig op hom geskiet. Ses ander mense is beseer, terwyl een persoon op die toneel dood verklaar is.

Ross Campbell, ER24-woordvoerder, sê paramedici het met hul aankoms op die toneel ’n man in sy motor gevind waar hy doodgeskiet is.

“Drie ander mans is met skietwonde in die pad aangetref. Twee was in ’n kritieke toestand en een het ligte beserings opgedoen,” sê Campbell.

Nog ’n 27-jarige man is sowat 100 meter van die ongelukstoneel af met ’n skietwond gevind en na die Kalafong-hospitaal geneem.

Lt.gen. Elias Mawela, polisiekommissaris in Gauteng, het die skietvoorvalle veroordeel en sê die polisie doen hul bes om die skuldiges aan te keer.

“As die polisie is dit ons plig om die veiligheid van pendelaars, wat op taxi’s as ’n vervoermiddel staatmaak, te verseker – veral gedurende die feestyd waar mense lang en kort afstande na hul onderskeie bestemmings sal reis.”

Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

Meer oor:  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.