Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 gewapende mans steel duur parfuum uit sentrum

Gewapende rowers het Maandag ’n glasdeur van die Gardens-winkelsentrum in Kaapstad stukkend gegooi en die Clicks-winkel op die tweede verdieping van die sentrum beroof.

Die toneel ná die gewapende rooftog. Foto: Facebook/Vredehoek/Devil’s Peak Community

Die vyf mans het omstreeks 04:00 toegang tot die sentrum in Tuine verkry deur ’n deksel van sement en metaal deur die sentrum se skuifdeur in Millstraat te gooi.

Hulle is daarna na die Clicks-winkel waar hulle in ’n kort tydjie duur parfuum uit die glaskaste waarin dit toegesluit was, gesteel het. Ander duur produkte is ook gebuit voordat die mans die sentrum verlaat het.

Volgens Mihlali Majikela, polisiewoordvoerder, word ’n saak van roof ondersoek en werk hul ondersoekers onverpoos om die skuldiges aan te keer. Die polisie weet nog nie presies watter wapens die mans by hulle gehad het nie.

Volgens die sentrumbestuur was dit nog gesluit toe die rooftog plaasgevind het. Niemand is beseer nie. Die sentrum sê in ’n verklaring hy gee sy volle samewerking aan die polisie en wil sy klante en huurders verseker dat veiligheid in die sentrum ’n voorkeursaak is.

Die Clicks-winkel was Maandag weer oop nadat dit opgeruim is.

Meer oor:  Kaapstad  |  Parfuum  |  Diefstal  |  Roof  |  Inbraak  |  Sakeroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.