Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 in hegtenis vir besit van kinder-pornografie
Die polisie het vandeesweek vyf mans in Gauteng in hegtenis geneem vir die besit van kinderpornografie.Foto: Verskaf

Vyf sogenaamde “seksuele roofdiere”, waaronder ’n pa en ’n dagsorgsentrum-eienaar, is in Gauteng vir die besit van kinderpornografie in hegtenis geneem.

Die polisie se gespesialiseerde eenheid wat deel vorm van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het verlede week ’n operasie genaamd Moonlight uitgevoer.

Die span het op inligting gereageer van die nasionale intelligensie-eenheid vir kubermisdaad en lasbriewe bekom.

Die lasbriewe is op verskillende eiendomme uitgevoer, wat gelei het tot die inhegtenisneming van vyf mans tussen 30 en 62 jaar oud vir die besit van kinderpornografie, sê kol. Brenda Muridili, ’n polisiewoordvoerder in ’n verklaring.

Tydens die operasie is op verskeie persoonlike rekenaars, hardeskywe, geheuestokkies, tablette en selfone wat kinderpornografie bevat, beslag gelê vir verdere ondersoek en as bewysstukke.

Die eerste inhegtenisneming is Maandag in Rietfontein, Pretoria, uitgevoer. Die 30-jarige man, wat by sy ouers woon, het in die landdroshof in Pretoria verskyn. Sy saak is tot 12 Maart uitgestel.

Die ander man, ’n 42-jarige, is ook Maandag in Claremont, Pretoria, in hegtenis geneem. Hy is getroud en ’n pa van drie kinders. Hy het ook in die hof verskyn en sy saak is tot 28 Februarie uitgestel.

Dinsdag het die span ’n 62-jarige man in hegtenis geneem. Hy is ’n getroude pensioentrekker met sy eie dagsorgsentrum wat sy vrou bestuur. Hy het in die landdroshof in Roodepoort verskyn en sy saak is uitgestel tot 17 Februarie.

Die polisie het op verskeie elektronika beslag gelê nadat vyf mans in hegtenis geneem is vir die besit van kinderpornografie.Foto: Verskaf

Donderdag is die vierde man (42) in Daspoort, Pretoria, in hegtenis geneem waar hy saam met sy ouers woon. Hy het ook in die hof verskyn en sal op 8 April weer sy verskyning maak.

Die vyfde man is in Kempton Park aan die Oos-Rand in hegtenis geneem. Hy is 34 jaar oud. Hy is voorheen skuldig bevind aan verkragting en seksuele aanranding. Die man is ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê wat op 15 Maart eindig. Hy verskyn Maandag in die landdroshof in Kempton Park.

Nog ’n lasbrief is in Garsfontein, Pretoria, uitgevoer. Die verdagte is nie in hegtenis geneem nie, aangesien daar geen beeldmateriaal op sy perseel gevind is nie. Daar is wel op sy elektroniese toerusting beslag gelê vir verdere ondersoek. Die verdagte het ’n hangende saak van 2012 vir die besit van kinderpornografie en bestialiteit. Uitspraak in verband met laasgenoemde saak sal op 20 April gelewer word.

Al die beskuldigdes wat reeds in die hof verskyn het, is borgtog van R5 000 toegestaan. Volgens wet word die beskuldigdes se name nie genoem nie om die identiteit van die kinders te beskerm.

Hierdie operasies duur voort oor die land heen. Lt.genl. Tebello Mosikili, hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, het die inhegtenisnemings verwelkom.

Meer oor:  Kinderpornografie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.