Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 in Mitchells Plain vas oor vuurwapens
’n .38 Special-rewolwer en vyf patrone is gekonfiskeer. Foto: SAPD
Een van vier ongelisensieerde 9 mm-pistole waarmee die verdagtes na bewering betrap is. Foto: SAPD

Vyf verdagtes het Vrydag in die landdroshof in Mitchells Plain, Kaapstad, verskyn nadat hulle vroeër die week aangekeer is weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is vier mans van onderskeidelik 18, 22, 37 en 41 jaar oud en ’n 63-jarige vrou Woensdag in Mitchells Plain in ’n intelligensie-gedrewe polisieoperasie om bendegeweld vas te vat en ongelisensieerde vuurwapens te verwyder, in hegtenis geneem.

“Die verdagtes is in besit van vier ongelisensieerde 9 mm- pistole en 63 patrone betrap. ’n .38 Special-rewolwer en vyf patrone is ook gekonfiskeer,” sê Traut.

“Verskeie huise van bendelede in die Mitchells Plain-omgewing is deursoek. Die inhegtenisneming en beslaglegging van vuurwapens en ammunisie is verwelkom, veral wat betref die rol wat dit speel in die stryd teen bendebedrywighede,” sê Traut.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.