Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 in Uitenhage gewond in skietery

Die polisie ondersoek ’n saak waarin vyf mense beseer is in ’n skietery in Uitenhage in die Oos-Kaap.

Die vyf – almal tussen 18 en 24 jaar – het Vrydag langs ’n pad gestaan toe ’n motor verbyry en op hulle losbrand.

Die passasier van ’n rooi Toyota Corolla Sprinter is die verdagte wat die sneller getrek het en die vyf op die hoek van Grasvoël- en Pelicanstraat in die woonbuurt Kamehs gewond het voordat die bestuurder weggery het.

“Al vyf slagoffers het in verskillende rigtings begin hardloop, maar hulle is almal getref,” het sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, gesê.

Die motief vir die skietery is nie bekend nie en die verdagtes word nog gesoek.

Die slagoffers is na hospitale gebring.

Mense met inligting kan speursers. Marlon van Heerden by 082 441 7624 of 041 988 8200 bel.

Meer oor:  Uitenhage  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.