Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 in Vrystaat met renosterhorings aangekeer

Die polisie en verkeersowerhede in die Vrystaat het Sondagoggend ná ’n jaagtog vyf mans aangekeer wat glo in besit van renosterhorings en onwettige vuurwapens was.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê die provinsiale verkeerspolisie het die bevelvoerder van Ventersburg se polisiestasie, kapt. Francois Odendaal, gevra om te help om twee voertuie voor te keer.

Die toneel buite Ventersburg op die N1 in die Vrystaat waar vyf vermeende renosterhoringsmokkelaars in hegtenis geneem is .Foto: SAPD

Die verkeersbeamptes het vermoed die twee voertuie, ’n grys Chevrolet Cruze en ’n blou BMW, vervoer renosterhorings en onwettige vuurwapens.

Polisielede van Ventersburg en Winburg het die pad afgesper en die twee voertuie is by die plaas Beginsel buite Ventersburg voorgekeer.

Die voertuie is deursoek en die polisie het op twee renosterhorings in die Chevrolet afgekom en daarop beslag gelê. Die bestuurder en sy passasier is in hegtenis geneem.

Die polisie het die BMW deursoek en op vuurwapens afgekom. Drie mans wat in die BMW gery het, is ook in hegtenis geneem.

Khosana sê al vyf die mans sal van die besit van renosterhorings aangekla word omdat die polisie glo hulle het saamgewerk.

Khosana sê die horings se waarde word op R10 miljoen geraam.

Die verdagtes, almal tussen 27 en 46 jaar oud, sal op 2 Januarie in die landdroshof op Ventersburg in die hof verskyn.

Meer oor:  Ventersburg  |  Vrystaat  |  Winburg  |  Misdaad  |  Renosterhorings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.