Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 lyke: Man vermoor glo vroue ná seks

Die polisie in Mpumalanga het die lyke van vyf vroue in ’n man se agterplaas opgegrawe nadat die man glo beken het dat hy ’n vrou vermoor het wat hy aanlyn ontmoet het.

Kol. Mtsholi Mbembe, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die man het beken dat hy sy eerste slagoffer vermoor het nadat hy die vrou op Facebook ontmoet het.

Dié ontdekking het gekom nadat die polisie die verdwyning van een van die vroue ondersoek het, wat hulle omtrent twee weke gelede na die verdagte se huis gelei het.

“Die polisie is na die man se huis, maar hy het weggehardloop. Sy ma het hom egter na die polisiekantoor geneem. Dit is daar waar hy beken het dat hy die eerste vrou vermoor het,” sê Mbembe.

Die man het na bewering vir die polisie gesê dat hy die vrou op Facebook ontmoet het en dat hulle seks gehad het.

Hy het glo gesê dat die vrou vir hom gesê het dat sy geld wil hê en indien hy weier om te betaal, sal sy vir die polisie sê dat hy haar verkrag het.

Die verdagte het die vrou glo daarna geslaan, waarna sy geval, haar kop gestamp en doodgegaan het. Hy het glo daarna haar klere uitgetrek en haar begrawe.

Die polisie het die vrou se lyk opgegrawe, waarna die man glo vir hulle gesê het dat daar nog vier lyke is. Die polisie het tussen Vrydag en Sondag na die lyke gesoek en die ander vier lyke gekry.

Twee van die lyke wat Sondag gekry is, was langs mekaar begrawe onder die vloer van ’n badkamer wat gedeeltelik in die huis gebou is, terwyl die derde lyk in die erf begrawe was.

Mbembe sê die verdagte het vir die ondersoekbeampte gesê dat hy glo die vroue in nagklubs en kroeë ontmoet het.

Die vroue wou glo elke keer by hom geld gehad het nadat hy met hulle seks gehad het, waarna hy hulle glo sou slaan tot hulle doodgaan.

Die slagoffers is vermoedelik tussen 16 en 24 jaar oud.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Reeksmoordenaar  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.