Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 polisielede in Noordwes vas vir korrupsie

Vyf polisiebeamptes in die Noordwes-provinsie is Donderdag die afgelope week vir afsonderlike aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem.

“ ’n 52-jarige adjudant-offisier is Donderdagoggend in Jouberton in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn nadat hy na bewering R3 000 omkoopgeld van die eienaar van ’n voertuig, wat in Januarie na die polisie se skut gebring is rakende ’n ondersoek, aanvaar het. Die adjudant-offisier is op ’n borgtog van R2 000 vrygelaat en moet op 15 Augustus in die landdroshof in Klerksdorp verskyn,” het brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, gesê.

Foto ter illustrasie.

In die tweede geval is twee polisielede, onderskeidelik 43 en 52 jaar oud, by die Khuma-polisiekantoor Donderdag in Klerksdorp op ’n aanklag van korrupsie in hegtenis geneem. “Die twee konstabels het na bewering omkoopgeld van R1 500 van ’n motoris aanvaar om inhegtenisneming vry te spring. Die motoris het ’n voetganger in Januarie omgery. Hulle het reeds in die landdroshof in Stilfontein verskyn en is op borgtog van R500 elk vrygelaat. Die saak kom weer op 24 Julie voor,” sê Mokgwabone.

Twee polisielede, 39 en 49 jaar oud, van die Vryburg-polisiekantoor is ook Donderdag vir korrupsie in hegtenis geneem nadat hulle omkoopgeld ter waarde van R1 300 van winkeleienaars in Madibogo geëis het. “Die adjudant-offisier en studentekonstabel het verlede jaar glo die goedere op die winkeleienaars se rakke wat hul vervaldatum oorskry het, geïnspekteer en toe van die winkeleienaars omkoopgeld gevra om te verhoed dat hulle in hegtenis geneem word,” het Mokgwabone gesê. Hulle het Donderdag vlugtig in die hof verskyn en is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat. Die saak is na 21 Augustus uitgestel.

“Die inhegtenisneming van vyf polisiebeamptes in die Noordwes is ’n duidelike bewys dat die polisie nie korrupte elemente binne eie geledere duld nie,” het Mokgwabone gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.