Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 transitorowers doodgeskiet naby Boksburg
Die toneel waar vyf vermeende transitorowers Woensdag deur die polisie doodgeskiet is.

Vyf vermeende transitorowers is Woensdag doodgeskiet kort nadat hulle op ’n G4S-geldwa in Dawn Park, Boksburg, toegeslaan het.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die rowers is by ’n huis in Klippoortjie doodgeskiet nadat intelligensiedienste die polisie daarheen gelei het na afloop van die rooftog.

“Met die polisie se aankoms by die huis het ’n skietgeveg uitgebreek. Vyf verdagtes is doodgeskiet,” sê Muridili.

Sy sê twee verdagtes is ook in die huis in hegtenis geneem.

Bheki Cele, minister van polisie, asook genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, was op pad na die toneel waar hulle die media sou toespreek. 

Volg Netwerk24 vir meer hieroor. 

Meer oor:  Boksburg  |  Doodgeskiet  |  Transitoroof  |  Transitorowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.