Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas ná dubbelmoord op Boshof-egpaar

Verskeie polisie-eenhede, waaronder die Valke, Boshof in die Vrystaat se speurtak en die taktiese reaksie-eenheid het Dinsdag saamgewerk om vyf mans in verband met die moorde op Sakkie (67) en Ina van der Berg (62) aan te keer.

Die optrede het Woensdag tot in die vroeë oggendure geduur en die mans is in Bloemfontein en Boshof aangekeer.

Ao. Lynda Steyn, Valke-woordvoerder, sê die egpaar se bakkie is reeds Sondag naby Hobhouse gevind waar dit in die modder in die Caledonrivier tussen Suid-Afrika en Lesotho vasgesit het. Die moordbende wou waarskynlik met die voertuig na Lesotho ry, moontlik om dit daar te verkoop.

Steyn sê die ondersoekspan het sedert Saterdag onverpoosd gewerk om leidrade op te volg en byna nie geslaap nie. Hul harde werk is Dinsdag beloon toe die eerste drie verdagtes in Bloemfontein by hul huise aangekeer is.

Nog twee mans is in Boshof by hul huise in hegtenis geneem.

Steyn sê die polisie kan nog nie bevestig of van die mans Lesotho-burgers is nie, maar van hulle is Suid-Afrikaners.

Daar word na nog verdagtes gesoek, sê sy.

Steyn sê die egpaar is “brutaal aangerand en ook geskiet”.

Twee vuurwapens is onder die bed van een van die verdagtes in Boshof gevind. Steyn sê die vuurwapens was onder die man se bed in die grond begrawe en sal nou vir ballistiese toetse gestuur word.

“Ons weet nog nie of dit die Van der Bergs se vuurwapens is nie,” sê sy.

Daar sal ook gekyk word of die vuurwapens dalk ook in ander misdade gebruik is.

Sakkie van der Berg is volgens inligting Vrydagmiddag by ’n plaashek ingewag en deur ses mans oorrompel nadat hy ’n werker terug na sy blyplek geneem het. Van der Berg is van hier na sy huis gedwing waar hy en Ina aangerand, beroof en vermoor is.

’n Buurman het Saterdagoggend op die moordtoneel afgekom.

Steyn sê die mans is tussen 30 en 40 jaar oud en sal Donderdag in Boshof in die hof verskyn.

Hulle word van moord, roof met verswarende omstandighede, voertuigdiefstal, diefstal en die besit van ongelisensieerde vuurwapens aangekla.

Meer oor:  Boshof  |  Aangekeer  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.