Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas ná geldwa op N1 by Limpopo beroof is

Vyf transitorowers is Dinsdag enkele ure nadat hulle ’n geldwa op die N1 tussen Polokwane en Louis Trichardt beroof het, in hegtenis geneem.

’n Bende rowers het die oggend toegeslaan op ’n geldwa wat geld opgelaai het by die vulstasie by die Capricorn Plaza, sowat 40 km vanaf Louis Trichardt.

Niemand is beseer toe die geldwa bestorm en beroof is nie.

Volgens kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, het polisielede in die Tshilwavhusikhu-nedersetting by Louis Trichardt die rowers se swart Volkswagen Golf waarin hulle gevlug het enkele ure ná die rooftog by ’n huis in die gebied gesien staan.

Vyf mans is daar in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op ’n onbekende bedrag kontant, vyf vuurwapens en ammunisie.

Daar word na nog verdagtes gesoek.

Die vermeende rowers sal eersdaags in die landdroshof in Louis Trichardt verskyn.

Verskeie wapens is Dinsdag by vyf vermeende transitorowers in Limpopo gekry. Foto: SAPD
’n Sak met geldnote daarin wat by vermeende rowers gekry is ná 'n transitorooftog Dinsdag buite Louis Trichardt in Limpopo. Foto: SAPD
Die motor waarin vyf vermeende transitorowers Dinsdag in Limpopo gevlug het. Foto: SAPD
Van die wapens wat Dinsdag by vermeende rowers buite Louis Trichardt in Limpopo gekry is. Foto: SAPD

Meer oor:  Louis Trichardt  |  Geldwa  |  Misdaad  |  Transitorooftog  |  Transitorowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.