Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas ná moord op taxibestuurder in Ceres

Vyf mans is Donderdagaand in Ceres in hegtenis geneem wat ’n 26-jarige minibustaxibestuurder vroeër die dag buite Shoprite op die dorp doodgeskiet het.

Soos vroeër berig, is die moord glo uit wraak gepleeg nadat ’n lid van die Codeta-taxivereniging verlede Sondag in Nduli vermoor is.

Kapt. Lindikhaya Mkhontwana, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, het in ’n verklaring gesê die vyf mans, tussen 33 jaar en 64 jaar oud, is Donderdagaand deur die polisietaakspan in hegtenis geneem.

Volgens Mkhontwana wil dit voorkom asof die moord uit ’n taxi-oorlog tussen die twee mededingende taxiverenigings Cata en Codeta spruit.

Dié moord was in dieselfde week wat Patrick Cosani (49), voorsitter van die Blackheath-Malibu-taxivereniging, en nog ’n man, John Neethling, kort ná mekaar in Blackheath doodgeskiet is.

Cosani is op Dinsdag 11 Junie om 06:00 buite sy huis geskiet, terwyl Neethling kort daarna by ’n vulstasie in Buttkopsweg geskiet is en aan sy wonde beswyk het.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, het verlede Dinsdag kort na dié moord gesê die Blackheath-Malibu-gebied loop deur onder onwettige operateurs wat glo roetes oorneem, wat tot geweld en spanning tussen taxiverenigings gelei het.

Die volgende dag is ’n 35-jarige man by die taxistaanplek op ’n parkeerterrein oorkant die Grand Central-winkelsentrum in Eersterivier doodgeskiet. ’n 24-jarige man is in dié voorval gewond.

Op dieselfde dag is ’n 32-jarige man in ’n ander skietvoorval op ’n parkeerterrein by die Shoprite-winkelsentrum in Kuilsrivier doodgeskiet.

Volgens Mkhontwana sal die mans Dinsdag in die landdroshof op Ceres verskyn.

Meer oor:  Ceres  |  Taxigeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.