Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vyf vasgetrek nadat polisie dagga van R3 m. kry

Meer as R3 miljoen se dagga wat glo vir Kaapstad bestem was, is in die Oos-Kaap onderskep.

Die 115 sakke met dagga is Sondag op die R56 tussen Dordrecht en Molteno deur die polisie gekonfiskeer.

Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, sê die waarde van die dagga word rondom R3,3 miljoen geskat.

Sy sê die polisie het die vonds gemaak nadat inligting ontvang is oor ’n groot klomp dagga wat van Lusikisiki na Kaapstad vervoer word. ’n Multidissiplinêre span is op die been gebring, waarna ’n bussie wat die dagga vervoer het, voorgekeer en deursoek is.

Mdleleni sê die polisie het vyf verdagtes, tussen 27 en 41 jaar oud, in hegtenis geneem. Hulle sal Dinsdag in die landdroshof in Molteno verskyn op aanklagte van handel in dagga.

Die polisie het 115 sakke met dagga gekonfiskeer terwyl dit op die R56 tussen Dordrecht en Molteno in ’n bussie vervoer is. Foto: Verskaf
Meer oor:  Oos-Kaap  |  Dagga  |  Handel  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.