Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas ná vrou ontvoer, vermoor is

Vyf verdagtes wat na bewering ’n vrou in die Oos-Kaap by die Tsitsa-brug naby die N2 ontvoer en vermoor het, is deur die polisie in hegtenis geneem.

Een van hulle is glo die eksman van die slagoffer.

Nosipho Sidabuka (51) se lyk is op 13 Junie deur ’n groep kinders, wat skape bymekaargemaak het, in ’n veld naby Zandukwana, noord van Libode, aangetref.

Die 9 mm-pistool wat in die besit van een van die verdagtes gevind is. Foto: SAPD

Volgens die polisie het Sidabuka ’n skietwond aan haar bolyf gehad en sy is vermoedelik gewurg.

Sidabuka en haar 22-jarige seun was op Donderdag 11 Junie van Tina Falls na Qumbu onderweg toe hulle deur die insittendes van ’n verbygaande silwer Polo-motor op die pad voorgekeer is.

Volgens die polisie se inligting het die twee insittendes van die Polo voorgegee dat hulle Sidabuka vir aanwysings wil vra. Hulle het egter ’n vuurwapen uitgepluk en geld geëis.

Een van die verdagtes het blykbaar ’n skoot op Sidabuka geskiet voordat haar handsak gegryp is.

Hierna is sy in die motor se bagasieruim ingedruk.

Haar seun is met ’n pistool geslaan en agtergelaat.

Brig. Thembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê vyf mense, onder wie ’n polisiebeampte, is in hegtenis geneem.

Die verdagtes bestaan uit twee susters van onderskeidelik 30 en 40 jaar oud, en ’n 55-jarige man wat in Mthatha in hegtenis geneem is. Toe dié verdagte in hegtenis geneem is, het die polisie ’n 9mm-pistool met ammunisie in sy besit gevind.

Sidabuka se eksman (52) is in Zipunzana in hegtenis geneem en die laaste verdagte, ’n 38-jarige buitelander, is in Vulindlela Heights vasgetrek.

Kinana sê een van die verdagtes is ’n polisiebeampte wat in Mthatha gewerk het.

Al die beskuldigdes word aangekla van moord, ontvoering, poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Kinana sê die vyftal sal Maandag in die landdroshof in Qumbu verskyn.

Hy het ook gesê daar kan nog arrestasies volg.

Meer oor:  Nosipho Sidabuka  |  Oos-Kaap  |  N2  |  Tsitsa-Brug  |  Ontvoering  |  5 Verdagtes  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.