Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas nadat kitskosplek in Lansdowne beroof is

Die polisie in Kaapstad het Maandagaand vyf mense in hegtenis geneem nadat ’n kitskosrestaurant in Lansdowne beroof is.

Lede van die bende-eenheid en polisie in Athlone het die aand gereageer toe vyf vermeende rowers die werknemers met vuurwapens gedreig en geëis het dat hulle die kluis oopmaak.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het Dinsdag in ’n verklaring gesê die mense het te voet met ’n onbevestigde bedrag kontant gevlug.

Later is die vyf, tussen 24 en 36 jaar oud, egter aangekeer en die geld is teruggevind, sowel as twee ongelisensieerde vuurwapens.

Hulle sal in die landdroshof in Wynberg verskyn nadat hulle aangekla is.

Meer oor:  Sers. Noloyiso Rwexana  |  Kaapstad  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.