Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas nadat taxigeweld tot moord lei

Vyf verdagtes is Woensdag in Ceres in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die moord op ’n 55-jarige man en poging tot moord op ’n 36-jarige man ná ’n bakleiery tussen twee taxiverenigings.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die voorval het einde verlede week gebeur en die verdagtes is Donderdag in die vroeë oggendure aangekeer.

Van Wyk sê dit was taxigeweld wat tot die moord gelei het.

“Volgens ons inligting het die eienaar van ’n plaas naby Ceres een taxivereniging toestemming gegee om sy werkers van die plaas af na die Oos-Kaap te vervoer. Die ander taxivereniging was nie deel van die ooreenkoms nie en dit het tot die skietery tussen die twee verenigings gelei.”

Volgens Van Wyk het die polisie beslag gelê op twee gelisensieerde 9 mm-pistole en ’n Volkswagen Golf 5.

Die verdagtes sal in die landdroshof in Ceres verskyn sodra hulle aangekla is.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Ceres  |  Taxigeweld  |  Inhegtenisnames  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.