Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas oor gesteelde motorligte

Vyf mans wat na bewering nuwe motorligte ter waarde van derduisende rande gesteel het, het hul rieme in Uitenhage styfgeloop.

Die polisie het die mans Saterdag by ’n perseel in Marketstraat in hegtenis geneem. Hulle almal is in hul 20’s.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die deurbraak kom nadat die polisie goeie inligting ontvang het.

Sy sê die polisie het op twee kratte vol nuwe hoofligte vir Volkswagen Polo-motors beslag gelê.

Die mans verskyn binnekort in die landdroshof op aanklagte van diefstal.

Een van die kratte met die gesteelde hoofligte daarin waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Motorligte  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.