Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas oor wapens en dwelms in Kaapstad en Eikestad

Die Wes-Kaapse polisie het Donderdag vyf mense in onderskeidelik Parklands en Kensington in Kaapstad, asook in Stellenbosch weens onwettige vuurwapens en dwelms in hegtenis geneem.

Die polisie het in die eerste voorval om 13:00 inligting opgevolg oor onwettige vuurwapens wat glo in ’n winkel in Birdstraat, Stellenbosch, is.

Die polisie het Donderdagaand ’n man in Parklands, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat sy huis deursoek en ’n geweer, pistool en ammunisie in sy besit gevind is.Foto: Verskaf
Die polisie het Donderdag drie mense in Stellenbosch in hegtenis geneem nadat ’n winkel deursoek is en op ’n rewolwer, pistool en ammunisie beslag gelê is. Foto: Verskaf

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê drie mense tussen die ouderdomme van 23 en 25 is in hegtenis geneem.

Die polisie het op ’n rewolwer, pistool en ammunisie beslag gelê.

Al drie sal Maandag in die landdroshof verskyn.

Teen 19:30 het die polisie in Table View, Kaapstad, ook ’n 50-jarige man in verband met die beweerde besit van ’n geweer, pistool en ammunisie in hegtenis geneem.

Die man se huis in Parklands is deursoek, waarna die polisie op die vuurwapens en ammunisie beslag gelê het.

In Kensington, Kaapstad, is ’n man (28) Donderdag in hegtenis geneem nadat die polisie op Mandrax-tablette, ’n rewolwer sonder ’n reeksnommer en ammunisie beslag gelê het.Foto: Verskaf

Hy sal Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Daarna het die polisie in Kensington en lede van die teenbende-eenheid om 21:30 ’n 28-jarige man in hegtenis geneem nadat daar op ’n rewolwer sonder ’n reeksnommer, ammunisie en 61 Mandrax-tablette beslag gelê is.

Volgens Van Wyk word dié man ook betrek by ’n saak van poging tot moord in verband met ’n skietery die middag waarin ’n 43- en 59-jarige man asook 54-jarige vrou gewond is.

Hy sal Maandag in die landdroshof in Kaapstad op aanklagte van poging tot moord, die besit van ’n onwettige vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie asook dwelmhandel verskyn. Borgtog sal ook teengestaan word, sê Van Wyk.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Kensington  |  Dwelms  |  Inhegtenisnames  |  Polisie  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.