Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas vir ‘mensehandel’ by bordele
Altesaam 11 slagoffers van vermeende mensehandel is gered en vyf mans is in hegtenis geneem.

Elf slagoffers van vermeende mensehandel is gered en vyf verdagtes in hegtenis geneem toe die Valke Sondagoggend op drie bordele in Kuruman en Rustenburg toegeslaan het.

Die Valke het Sondag in ’n verklaring gesê hy het lasbriewe gehad om die twee gastehuise Birdsong B&B en Noble Guest House in Kerkstraat, Rustenburg, wat glo as bordele gebruik is, te deursoek. Die twee persele is gesluit. Nog ’n operasie het tot die sluiting van ’n huis in Kuruman gelei.

Luidens die verklaring is sewe slagoffers in Rustenburg – ’n Zambiër, ’n Zimbabwiër, drie slagoffers van Lesotho en twee Suid-Afrikaners – in Rustenburg gered. Nog vier Suid-Afrikaners is in Kuruman gered.

Die vroue, tussen 20 en 39 jaar oud, is as prostitute op die perseel gebruik nadat hulle glo deur die verdagtes gelok is met ’n belofte van werk.

“Die inhegtenisnemings van die vyf manlike verdagtes van tussen 28 en 46 jaar oud is deel van ’n jaarlange proaktiewe ondersoek na mensehandel vir seksuele uitbuiting in die twee dorpe,” skryf brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, in die verklaring.

Daar is beslag gelê op ’n onbekende bedrag geld op al drie die persele. Daar is ook beslag gelê op kwitansieboeke en drie voertuie wat na bewering in die pleeg van ’n misdaad gebruik is.

Die vyf verdagtes wat vermoedelik deel van ’n misdaadsindikaat is, sal na verwagting Maandag in die landdroshowe in Rustenburg en Kuruman verskyn.

Die Valke slaan Sondagoggend op bordele in Rustenburg en Kuruman toe.
Meer oor:  Rustenburg  |  Kuruman  |  Mensehandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.